ONTBYT OPSIES

Buffelkalf ontbytR60
2 eiers, 2 repies spek, gebraaide tamatie roosterbrood met plaasbotter
Buffel vers ontbytR85
2 eiers, 3 repies spek, sampioene, maalvleis, gebraaide uie en
roosterbrood met plaas botter
Buffelbul ontbytR135
2 eiers, 4 repies spek, sampioene, maalvleis, gebakte bone,
150g kruisskyf, gebraaide uie, kaas en roosterbrood met plaas botter
Afrikaanse PouseiersR190
Ons weergawe van “Eggs Benedict Florentine”. Gepocheerde eiers op 250g
Noorweegse salm, bedek met ‘n ryk vakansiesous en roosterbrood.
Pap en KaiingsR29
PapR19
KaiingsR14
SpekR32
Skilpadjies(indien beskikbaar)R44
Aartappel skyfiesR24
Gebakte eierR12
Kaiing botterR12
RoosterbroodR8
SampioeneR22
RoosterkoekR14
150g KruisskyfR69
Gebakte boneR14
SkaapworsR32
BeesmaalvleisR36
Gebraaide tamatieR12
Tuisgemaakte KonfytR12
Blatjang (tamatie of appelkoos)R14
Tamatie-en-uiesmoorR22
Gebraaide uieR14
Emmental kaasR22
Gouda KaasR14
Chedder kaasR14
LIGTE VERSNAPPERINGS

BiltongR50
150 gram biltong met ’n heerlike laag vet.
Boere tartarR49
Tartar soos jy nog nooit geëet het nie. Dit sal jou gedagtes terugneem na
’n sypaadjie voor Loftus Versveld. Dis al wat ons bereid is om te verklap.
Bedien met varsgebakte roosterkoek en tamatieblatjang.
FrikadelleR62
Mini frikadelle soos jou ouma gemaak het.
Braai broodjiesR40
Jy lees reg...
Geel pap skyfiesR32
Stywe geel pap in die vorm van ’n skyfie gesny en diepgebraai. Bedien met
tamatie- en uiesmoor.
Springbok carpaccioR47
Papierdun springbok vleis bedien met gepekelde knoffel, bronkors,
verouderde cheddar en ons eie rooibos reduksie sous.
Gemarineerde olyweR25
Kalamata olywe
MIDDAGETTE SPYSKAART

Alle middagette opsies slegs R60 tussen 11:00 – 15:00 weeksdae.
Alle disse word bedien met een van die volgende:
Aartappelskyfies, Kapokaartappels, Gebraaide Groente of Slaai
Alle middagete opsies sleg R65 tussen 11:00 – 15:00 weeksdae
CholesterolkoekR65
Vetkoek met 150g bobotie- of beesmaalvleis. Het jy onthou om vanmôre jou
pilletjie te drink?
150g Bees burgerR80
Bietjiebees frikkadelbroodjie.
150g Hoender burgerR80
Bietjiekiepie rolletjie.
200g Kruiskyf/Lendeskyf en eierR95
‘n Stukkie bees, porsie aartappel en een poepholvrug voorberei na smaak.
Spek braaibroodjieR65
Daar is drie dinge in hierdie wêreld wat alles beter maak; ‘n
braaibroodjie, spek en ‘n drukkie. Ons prokureurs meen ons mag nie
drukkies verkoop nie, maar ons kan vir jou twee van die drie op ‘n bord
gee. Net ‘n wenk; ‘n dubbel brandewyn is baie dieselfde as ‘n drukkie...
Gebraaide hoender slaaiR70
Die bestuur was heeltemal gekant daarteen om slaai met nog slaai te
bedien maar die kelnerinne het voet by stuk gehou. Hulle sê dis baie
lekker.
1⁄2 Gebraaide hoenderR85
Halwe slaai en slaai. Vir as jou kinders stout was.
SPESIALE DISSE

Resessie rolR45
Boereworsrol met gebraaide uie, soetmosterd en tamatiesmoor.
Slak potjieR67
Dis nie lekker om jou dop te verloor nie. Hierdie slakke sou dit beaam
as hulle nie in ‘n pot heerlike romerige knoffelsous verdrink het nie.
Word bedien met ‘n vars broodjie.
Bosveld slakkeR62
As jy gril vir dopdiere is hierdie dis vir jou. Blokkies beesfilet bedek
met ‘n romerige knoffelsous. Bedien met ‘n vars broodjie.
Lam kotelette (tjoppies)R125
Vir die mense wat heel aand lê en skape tel. Kyk hoe lekker stil lê hulle op die bord. Bedien met gebraaide aspersies, kapokaartappels en geheime roosmaryn sous.
Klamp SteakR300
1.2kg Riboog op die been. ‘n Stuk vleis so rof word bedien op ‘n
vleisbord en vas gemaak met ‘n bankskroef.
Buffelsfontein BurgerR130
250g Beesvleis burger met spek, kaas en beenmurgsous en aartappelskyfies.
Boerewors burgerR90
350g Beesvleis burger met boerewors speserye, uie en tamatie smoor
aartappel skyfies.
Beeshaas burgerR135
200g Bees filet burger met brandrussie sous. Onthou om te kies tussen
warm en baie warm.
Knoffelbotter T-beenR195
700g T-been voorberei op die braaier en dan vining in die oond in ons
geheime knoffelbotter sous bedien met geel meel pap en sous.
Beenmurg beeshaasR185
350g Bees filet bedien met gebakte beenmurg, kapokaartappels en
vleisaftreksel.
Seebaars (Sea Bass – Centropristis striata)R130
Slaai wat swem op groen knarsbone, met pangebraaide aartappels en vinkel.
OM TE DEEL

Vleisbord vir 2R300
Frikadelle, bees ribbetjies, kruisskyf, biltong, aartappel
skyfies en braaibroodjies.
Vleisbord vir 4R560
Frikadelle, bees ribbetjies, kruisskyf, biltong, aartappel
skyfies en braaibroodjies.
Kaasbord vir 2R235
Geniet ons verskeidenheid van plaaslike kase en vrugte.
Kaasbord vir 4R450
Geniet ons verskeidenheid van plaaslike kase en vrugte .
VOORGEREG

Kaiing botter op roosterbroodR25
Al ooit gewonder wat gebeur met die olie wat oorbly na kaiings
uitgebraai is? Ons stol dit en bedien dit met brood en
appelkoosblatjang. Wys ons asseblief waar jou mediese fonds kaartjie
is... Onthou ‘n bietjie sout en swartpeper.
Bobotie rolhappies(spring roll)R66
Met appelkoos blatjang
BraaibroodjiesR40
Jy lees reg...
Boere tartarR85
Tartar soos jy nog nooit geëet het nie. Dit sal jou gedagtes terugneem
na ’n sypaadjie voor Loftus Versveld... en dis al wat ons bereid is om
te verklap. Bedien met varsgebakte roosterkoek en tamatieblatjang.
Kruisskyf skyweR75
150 gram medium-rou kruisskyf, opgesny en bedien met ’n aioli sous.
Sprinbok carpaccioR75
Papierdun springbok vleis bedien met gepekelde knoffel, bronkors,
verouderde cheddar en ons eie rooibos reduksie sous.
Biltong en spek slaaiR70
Groenslaai met biltong brosgebraaide spek.
HOOFGEREG

Lendeskyf 200g/350gR90/R120
Sirloin” soos die kakies dit noem.
Kruisskyf 200g/350gR100/R140
Ook bekend as rump.
Beeshaas 200g/350gR145/165
Die sagste filet wat nog ooit gemoo het.
Bees ribs 550gR180
Stadig oondgebraai in ons geheime rooiwyn sous.
T-been 500gR165
Die stuk vleis vir as jy nie kan besluit nie, bietjie lendeskyf en bietjie
beeshaas
Noorweegse Salm 250gR165
Die slaai wat swem.
STAP 1
Kies jou bykosse
Groen knarsboneR22
Diepgebraaide geel pap skyfiesR29
Aartappel skyfiesR24
Braaibroodjies (jy lees reg)R40
AartappelslaaiR24
KapokaartappelsR24
GroenslaaiR29
Pan gebraaide groenteR34
PampoenkoekiesR29
Louis se beetslaaiR22
Soetpatat skyfiesR29
SoetpampoenR27
RoomspinasieR22
STAP 2
Kies jou sous
Blatjang (tamatie/appelkoos)R22
Knoffel mayonnaiseR22
Verdikte vleisaftrekselR27
PepperR22
KnoffelR22
SampioenR22
KaasR22
Brand rissie (matig of warm)R22
BeenmurgR27
STAP 3
NAGEREG

Melktert toebroodjieR65
Melktert geur roomys tussen twee snye kors.
Oeps roomys (peperment crisp)R75
Van die hand na die mond val die roomys gelukkig
op die bord.
Malvapoeding roomysR65
Malvapoeding gegeurde roomys met malva krummels.
Vanieljeroomys met sjokoladesousR55
’n Ou gunsteling met donker sjokolade sous.
Trio roomysR55
Melktert, Malvapoeding en peperment crisp roomys.
Malva poedingR65
Vanielje vla, vanielje roomys en gedroogte lemoen.
BlaasvlamvlaR65
Heerlike Amarula Crème Brûlée met ‘n bros gebrande
suikerlaag.
AppeltertR65
Appeltert met Klipdrift roomys en room.
MelkskommelR45
Malvapoeding, Vanielje, Peperment Crisp of Melktert geur.
KINDER SPYSKAART

BoereworsrolR45
Lendeskyf (Sirloin) 150 gramR69
Kruiskyf (Rump) 150 gramR79
Beeshaas (Filet) 150 gramR89
Bees ribbetjies en aartappelskyfiesR89
Hoender repies en aartappelskyfiesR59
MelkskommelR35
Malvapoeding, Vanielje, Peppermint Crisp of Melktert geure
Kies jou bykosse
Groen knarsboneR22
Diepgebraaide geelpap skyfiesR29
AartappelskyfiesR24
Braaibroodjies (jy lees reg)R40
AartappelslaaiR24
KapokaartappelsR24
GroenslaaiR29
Pangebraaide groenteR34
PampoenkoekiesR29
Louis se beetslaaiR22
Soetpatat skyfiesR29
SoetpampoenR27
RoomspinasieR22
Kies jou sous
Tuisgemaakte knoffelmayonnaiseR22
Blatjang (Mrs Balls)R20
Tamatie en uiesmoorR22
PeperR22
Verdikte vleisaftrekselR27
KnoffelR22
SampioenR22
KaasR22
Brandrissie (matig of warm)R22
BeenmurgR27
SUID-AFRIKAANSE JENEWER MENGELDRANKIES

Triple Three Citrus InfusionR75
Ons gunsteling, baie verfrissende, soet jenewer. Sitrus en kruisement op die neus en lemoenskil en sagte jenewerbessie op die palet. Perfek vir die diegene wat nog effens skepties is oor die hele jenewer revolusie. Bedien met lemoen, ’n kaneelstokkie en Barker and Quin Indiese tonikum.
Triple Three African BotanicalsR75
Afrika speserye, heuning, kruisement en drop op die palet. Boegoe, rooibos, kruie en jenewerbessie op die neus. Bedien met komkommer, tiemie en Barker and Quin Light at Heart tonikum.
Inverroche AmberR75
Heerlike, ligte fynbos jenewer met houtagtige speserye en wilde Kaapse blomme karakter. Kyk of jy ook ’n subtiele tabakblaar en ’n neut smaak kan bespeur.
Bedien met lemmetjie, kruisement en Barker and Quin Indiese tonikum.
New Harbour RooibosR75
Verkwikking aan jou gebring met die komplimente van Suid-Afrika se gunsteling teeblaar. Geure van jenewerbessie, amandel en soet lemoenskil. Perfek vir wanneer dit so warm is, dat as die hond die kat jaag, al twee loop. Bedien met lemoenskil, kruisement, suurlemoen en Barker and Quin Indiese tonikum.
BloedlemoenR80
’n Komplekse jenewer gemaak met 10 uitgesoekte plant ekstrakte, onder andere; jenewerbessie, bloedlemoen, lemoenskil, peper, koljander, kaneel, neutmuskaat en wilde seldery. Bedien met pomelo, lemmetjie, kruisement en Barker and Quin Light at Heart tonikum.
Durban DryR70
Sterk sitrus op die neus met ’n kenmerkende maar subtiele Jenewerbessie geur. Gemaak met roosbottel, inheems aan Natal. Bedien met ’n lemoenskyfie, eetbare blomme en Barker and Quin Light at Heart tonikum.
Woodstock Inception (wine base)R70
’n Jong jenewer met ’n ligte aroma. Fynbos ekstrakte van boegoe, rooibos en heuningbos. Bedien met pomelo, kruisement en Barker and Quin Indiese Tonikum.
Triple Three 100% JuniperR80
Pure, ongekompliseerde jenewer, geïnspireer deur die jenewer resepte van vervloë dae. Deeglik saam met esdoringstroop, suurlemoensap en ys geskud en afgerond met Suid-Afrikaanse vonkelwyn.
Cruxland Kalahari TrufflesR70
Jenewer uit die KWV-stal. Deurweef met nege botaniese wonders, insluitend Kalahari N’abbas. Suid-Afrika se eie woestyn-jenewer. Bedien met komkommer, suurlemoen en Barker and Quin Light at Heart tonikum.
Suid-Afrikaanse Jenewer (per sopie)
031 Distillery Durban DryR31
Blind TigerR28
BloedlemoenR49
Cape Town Classic DryR36
Cape Town Rooibos RedR36
Cruxland Kalahari TrufflesR32
De Mas Kalahari Droë GinR39
De Vry Distillery Die Droë Rooinek Dry GinR30
De Vry Distillery Die Soet Rooinek Cherry GinR32
Flowstone Bush WillowR30
Flowstone MarulaR30
Flowstone Wild CucumberR32
Gin d’Almar Classic GinR28
Gin d’Almar Citrus InfusedR28
Ginologist SpiceR30
Ginologist FloralR30
Grey HawkR29
Hope on Hopkins Salt RiverR41
Inverroche AmberR36
Musgrave African Botanicals InfusedR45
Musgrave Pink GinR49
New Harbour RooibosR36
New Harbour SpekboomR39
Six Dogs KarooR45
Six Dogs BlueR49
Time AnchorR27
Triple Three 100 JuniperR34
Triple Three African BotanicalsR34
Wilderer FynbosR35
Triple Three Citrus InfusionR36
Whitley Neill Protea & HibiscusR35
Wixworth RenosterbosR29
Whitley Neill Small BatchR35
Ander Mengeldrankies
Franse vyf en sewentigR70
Ons weergawe van ’n “French75”. Tripple Three 100% Juniper, granadilla pulp en suurlemoen saam met ys geskud en opgevul met wit vonkelwyn.
BederfroomR45
Buffelsfontein Brandewyn, Nachtmusik sjokolade likeur en Amarula oor gebreekte ys.
Hoëveld sonsondergangR55
Perske, rooibosbessie en granadilla vermeng met Buffelsfontein brandewyn vermeng met ’n kwesskoot bitters oor gebreekte ys.
Siesa op die strandR50
New Harbour Vodka, rooibessie sap en perske schnapps met lemoensap vermeng.
Wyn per glas
Konkelberg RougeR45
Heerlike sagte somerswyn deur wynmaker Hendrien de Munck. In Franse eikehout vaatjies verouder met geure van fynbos, vanilje, framboosbessies en pruime.
Konkelberg Sauvignon BlancR45
Verfrissende droë witwyn propvol geure van tropiese vrugte. Hierdie wyn word op ’n baie natuurlike manier gemaak, met geen gifstowwe of chemiese kunsmis nie.
Konkelberg RoséR45
Ryp aarbeie en pomelo op die neus en wit perskes en ryp sitrus op die palet.
Longridge The EmilyR50
Versnit van Chardonnay en Pinot Noir. Vernoem na Emily Hobhouse wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog een van die grootste dorings in die oorlogsmisdadiger Herbert Kitchener se vlees was. Soos Jasper Raats, die wynmaker van Longridge, dit stel; “Groen, soet spanspek, lemmetjie and parfuum groet jou reuksintuig en ’n fluister van neute op die palet eindig met ’n kraakvars nasmaak.”
Beyerskloof PinotageR55
Hierdie wyn bevat die beste eienskappe van Pinotage. Daar is ’n oorvloed bessie geure in hierdie baie toeganklike wyn. Geniet dit gerus met ’n dik stuk bees.
Alto RougeR65
’n Ryk versnit van Cabernet Franc, Cabernet Sauvignon, Shiraz en Merlot. 18 maande verouder in Franse eik vaatjies. Sappige rooi vrugte en viooltjies op die neus, afgerond met ’n subtiele peper en ryp moerbei smaak.
Hermanuspietersfontein BloosR70
Hierdie wyn geniet voordeel van die berghellings, fynbos en maritieme invloed op die wingerde. ’n Besonderse droë rosé – vruggedrewe met ’n sweempie hout.
Hermanuspietersfontein Nr7 Kaalvoet meisieR75
Sauvignon Blanc met klein hoeveelhede Sémillon en Nouvelle. Hierdie juweel van HPF proe vir ons na gesteelde groen appels en fynbos.
Hermanuspietersfontein PosmeesterR75
Hierdie wyn geniet die voordeel van die berghellings, fynbos en maritieme invloed op die wingerde. Hierdie ongekompliseerde Merlot is ideaal in groot glase en komplimenteer goeie geselskap.
Witwyn
Konkelberg Sauvignon BlancR125
Verfrissende droë witwyn propvol geure van tropiese vrugte. Hierdie wyn word op ’n baie natuurlike manier gemaak, met geen gifstowwe of chemiese kunsmis nie.
Longridge The EmilyR145
Versnit van Chardonnay en Pinot Noir. Vernoem na Emily Hobhouse wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog een van die grootste dorings in die oorlogsmisdadiger Herbert Kitchener se vlees was. Soos Jasper Raats, die wynmaker van Longridge, dit stel; “Groen, soet spanspek, lemmetjie and parfuum groet jou reuksintuig en ’n fluister van neute op die palet eindig met ’n kraakvars nasmaak.”
Beyerskloof Chenin Blanc/PinotageR150
82% Chenin Blanc en 18% Pinotage. Verfrissend, droog en perfek gebalanseer. ‘n Heerlike somerswyn.
Driehoek Sauvignon BlancR210
Wyn uit die Cederberg. Pomelo, groen appel en granadilla op die neus met ’n kraakvars nasmaak.
Haute Cabrière Chardonnay/Pinot NoirR230
Elegante vrugte geure soos wit peer, lychee en pruim met ’n ferm asiditeit. 60% Chardonnay en 40% Pinot Noir.
Hermanuspietersfontein Nr7 Kaalvoet meisieR230
Sauvignon Blanc met klein hoeveelhede Sémillon en Nouvelle. Hierdie juweel van HPF proe vir ons na gesteelde groen appels en fynbos.
De Grendel KoetshuisR290
100% Sauvignon Blanc. Aroma van groen vrugte soos kiwivrug en Granny Smith appels vermeng met appelliefies. Heerlike asiditeit om mee af te rond.
Rooiwyn
Konkelberg RougeR125
Heerlike sagte somerswyn deur wynmaker Hendrien de Munck. In Franse eikehout vaatjies verouder met geure van fynbos, vanilje, framboosbessies en pruime.
Beyerskloof PinotageR175
Hierdie wyn bevat die beste eienskappe van Pinotage. Daar is ’n oorvloed bessie geure in hierdie baie toeganklike wyn. Geniet dit gerus met ’n dik stuk bees.
Alto RougeR185
’n Ryk versnit van Cabernet Franc, Cabernet Sauvignon, Shiraz en Merlot. 18 maande verouder in Franse eik vaatjies. Sappige rooi vrugte en viooltjies op die neus, afgerond met ’n subtiele peper en ryp moerbei smaak.
Hermanuspietersfontein PosmeesterR220
Hierdie wyn geniet die voordeel van die berghellings, fynbos en maritieme invloed op die wingerde. Hierdie ongekompliseerde Merlot is ideaal in groot glase en komplimenteer goeie geselskap.
Tokara Cabernet SauvignonR250
Hierdie wyn het ’n ongelooflike diepte in kleur met aromas van kakao, donker bessies. Tokara se druiwe word met die hand gepluk op hulle pragtige plaas teen die Helshoogte pas, naby Stellenbosch.
Hermanuspietersfontein KleinboetR260
Baksteen rooi na diep pers versnit van Cabernet Sauvignon, Cabernet Franc, Merlot, Malbec en Petit Verdot. Laventel, swart olywe en fynbos op die neus en harmonieuse, ryp vrugte op die neus.
Groot Constantia RoodR260
Groot Constantia produseer al wyn van 1685. Hierdie Merlot het geure van pruime en drop op die neus. Dit word afgerond met ryp pruime en soet eik op die palet. Sagte tanniene en vars asiditeit om af te rond.
Driehoek ShirazR280
Die plaas Driehoek in die Cederberge is al in die du Toit familie vir vyf generasies en het van die hoogste wingerde in Suid-Afrika. Die Franse eikehout vaatjies waarin hierdie wyn verouder word verleen heerlike vanielje en spesery aromas. Perfek saam met rooivleis, wildsvleis en osstert disse.
Hermanuspietersfontein Die SkoonmaR290
Versnit van Shiraz, Mourvedre, Grenache en Viognier. Aromas van swart olywe, viooltjies en donker sjokolade.
Driehoek Pinot NoirR300
Hierdie Pinot Noir word geken aan geure van rooi vrugte soos framboos, kersies en eikehout. Perfek saam met enige rooivleis dis.
Hermanuspietersfontein Die MarthaR360
Shiraz, Mourvedre en Viognier gee ’n diep robynrooi kleur. Soet speserye en donker sjokolade op die neus en sagte tanniene op die palet.
Hermanuspietersfontein SwartskaapR425
Cabernet Franc. As jy nog nooit hierdie variëteit geproe het nie is vandag die dag. Kompleks maar elegant.
Rosé
Konkelberg RoséR125
Ryp aarbeie en pomelo op die neus en wit perskes en ryp sitrus op die palet.
Hermanuspietersfontein BloosR195
Hierdie wyn geniet voordeel van die berghellings, fynbos en maritieme invloed op die wingerde. ’n Besonderse droë rosé – vruggedrewe met ’n sweempie hout.
Vonkelwyn
Longridge BrutR300
Hierdie bottelgegiste vonkelwyn is ’n versnit van Chardonnay en Pinot Noir. Dis op die tradisionele Métode Cap Classique wyse geskep. Dit is verder op die gismoer veredel vir meer as 40 maande, wat ’n romerige pallet verseker.
Drankies

Koeldrank
CokeR22
CokeR22
Coke LightR22
Coke ZeroR22
TABR22
Fanta PersR22
Fanta OranjeR22
Creme SodaR22
SparberryR22
Tonic WaterR19
Dry LemonR19
Pienk Tonic WaterR19
Barker&Quinn TonicR39
Barker&Quinn Tonic LightR39
Ginger AleR19
AppletiserR28
Grapetiser (rooi of wit)R28
Granadilla TwistR22
Liquifruit - LemoensapR26
Liquifruit - OntbytponsR26
Liquifruit - RooibosbessieR26
LimonadeR19
Sprite ZeroR22
Soda WaterR19
Red BullR39
SpriteR22
StoneyR22
TamatiesapR22
Ystee - SuurlemoenR24
Ystee – PerskeR24
Ystee – PerskeR24
Stil Water (350ml)R22
Stil Water (750ml)R34
Pruttel Water (350ml)R34
Pruttel Water (350ml)R22
Pruttel Water (750ml)R34
Warm Drankies
AmericanoR22
Americano (Beker)R37
Cafe LatteR27
MacchiatoR24
EspressoR20
Dubbel EspressoR38
BabachinoR12
CappuccinoR27
Cuppuccino (Beker)R42
Ierse Koffie (Enkel)R32
Ierse Koffie (Dubbel)R42
Warm SjokoladeR27
MiloR27
MochachinoR27
Ys KoffieR27
Rooi Cappuccino (Beker)R37
Rooi CappuccinoR22
TeeR20
Rooibos TeeR20
Dom Pedro
KuhluaR37
FrangelicoR37
AmarulaR37
Mik-en-sluk
Buffelsfontein & KolaR25
CastleR25
Black LabelR28
AmstelR28
HansaR25
HeinekenR31
PeroniR31
MillersR31
Stella ArtoisR36
Windhoek DraughtR34
Windhoek LagerR30
Windhoek LightR30
Tafel LagerR24
GuinnessR42
Flying Fish AppelR27
Flying Fish SuurlemoenR27
Smirnoff SpinR32
Smirnoff StormR32
Hunters DryR30
Hunters ExtremeR38
Hunters GoldR30
SavannaR32
Savanna LightR32
Castle FreeR30
Beck’s AlkoholvryR36
Skietertjies
Buffelsfontein x4R60
AbsintheR27
Chocolate CakeR22
Cherry BombR22
JägermeisterR27
JägerbombR32
MelktertjieR17
NachtmusicR17
SpringbokkieR22
UnderbergR37
Strawberry LipsR20
PonchosR24
Cookies&CreamR17
Carvo CaramelR22
ZoerdoefR22
SuitCaseR30
SledgehammerR30
Hardehout
Buffelsfontein Brandewyn (Twee dubbel sopies met ‘n blik Coke)R50
Olof Bergh BrandewynR19
Klipdrift BrandewynR19
Klipdrift PremiumR24
Klipdrift GoldR28
RichelieuR20
Richelieu 10 JaarR32
Absolut WodkaR26
De Vry-Komunis WodkaR30
J.J Whitley Potato WodkaR28
Spiced GoldR19
Captian MorganR19
BacardiR19
MalibuR19
Stroh RumR34
J&B WhiskeyR22
Bells WhiskeyR22
Bains WhiskyR24
Jack Daniels HoneyR26
Jack Daniels FireR26
JamesonR28
Johnnie Walker BlackR30
Southern ComfortR17
Three Ships SelectR19
Tullamore DewR27
Three Ships 10 JaarR49
Jose TradicionalR27
Jose Cuervo GoudR27
Jose Cuervo SilwerR27
Tapbier
Tapbier – 500ml (330ml kan ook bestel word)
Ons het elke week ander spoggerige of interessante biere beskikbaar. Vra asseblief u kelnerin watse bier hierdie week aan die krane gekoppel is.